Die leuen word voljarig

Die Referendumplakkaat uit 1992 waarin "waarborge" vir die toekoms verskaf word
Die Referendumplakkaat uit 1992 waarin “waarborge” vir die toekoms verskaf word

21 Jaar gelede het die demokraties verkose NP-regering, onder die leierskap van FW de Klerk, die volgende 10 beloftes gemaak indien hulle kiesers JA stem in die 1992-referendum.

Kyk asseblief mooi na elke belofte, en oordeel dan self wat waar geword het, aldan nie.

  1. ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.

  2. Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.

  3. Ordentlike hervorming en redelikheid.

  4. Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.

  5. Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.

  6. Sterk en doelgerigte leierskap.

  7. ‘n Eendragtige en weerbare Suid Afrika.

  8. Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.

  9. Die handhawing van ordelike regering en standaarde.

  10. Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.