Radio Pretoria verloor aansoek om wyer uit te saai

Deel op

radiopretoriaRadio Pretoria het sy hofsaak in die Noord-Gautengse hooggeregshof teen Okasa verloor.

Regter Neil Tuchten het die stasie se aansoek om na gebiede in KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga uit te saai, om tegniese redes van die hand gewys.

Okasa het in 2010 en 2011 drie lisensies aan Radio Pretoria toegestaan om voort te gaan met uitsendings wyer as Pretoria.

Dié vergunning is verlede jaar teruggetrek en Radio Pretoria het 14 dae tyd gekry om sy uitsendings na dié gebiede te staak. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.