DA sal nie e-tol afskaf in Gauteng nie

Deel op

zillezuma2Die DA sal nie die e-tolstelsel afskaf nie, al neem die party beheer van Gauteng in 2014 na die verkiesing.

Die DA sê hoewel hy teen e-tol gekant is en hard teen die inwerkingstelling van die omstrede stelsel baklei, sal dit nie gekeer kan word in Gauteng nie.

Die leier van die party, Helen Zille het dié stelling gemaak tydens ‘n geleentheid by die Johannesburg-buiteklub.

Sy sê dit is moeilik om kontrakte wat deur die ANC aangegaan is, ongedaan te maak.

Zille het gesê dat die DA versigtig is ná die onlangse terugslag wat die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol in die Appèlhof in Bloemfontein toegedien is, nadat die party R1 miljoen verloor het.

Die DA steun die oprigting van ‘n soortgelyke e-tolstelsel in die Wes-Kaap as in Gauteng.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.