Vyfde swart verdagte vas vir verkragting, moord van Diepsloot-kleuters

Deel op

diepsloot3‘n Vyfde swart verdagte is in hegtenis geneem in verband met die verkragting en moord op twee kleuters in Diepsloot, noordwes van Johannesburg.

Die polisie glo hy is die hoofverdagte en R100 000 is vroeër uitgeloof vir enige inligting oor hom wat to ‘n inhegtenisneming kon lei.

Die twee niggies, twee- en driejarige Zandile en Yonelisa Mali, is Dinsdag in ‘n toilet dood aangetref. Hulle het verlede Saterdag vermis geraak.

Nog vier swart mans sal vandag in die Pretoriase landdroshof in verband met die saak verskyn. Hulle is aangekla van ontvoering, verkragting en moord.

Die verdagtes is almal buitelanders, maar het Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente.

Die polisie is besig om die egtheid van die dokumente vas te stel.

In ‘n ander voorval, word die uitslae van die nadoodse ondersoek na die dood van die twee kleuters, wat in ‘n ou gebou naby Zonkizizwe aan die Oos-Rand in Gauteng ontdek is, vandag verwag.

Die Gauteng polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê ‘n klag van moord is teen die moeder ingedien. Sy het blykbaar ‘n vals verklaring aan die polisie gegee.

Na bewering wou sy haar kinders en haarself vergiftig.

Die ondersoek behoort aan te dui of gif gebruik is, en watter soort. Die ma verskyn vandag in die Heidelbergse landdroshof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.