Werknemer gestraf oor EFF-baret

Deel op
Die verkeerde een...
Baie anti-wit

’n Werknemer by die Lanseria-lughawe het Donderdag ’n finale geskrewe waarskuwing ontvang omdat sy ’n baret van die politieke party Economic Freedom Fighters (EFF) gedra het.

Lydia Leotlela (32), wat as opsigter in die uitvoerende sitkamer werk, sê sy het in ’n brief om verskoning gevra dat sy die baret gedra het.

’n Vlugkaptein het gekla oor die baret, wat sy saam met haar werkuniform gedra het terwyl sy passasiers ingeboek het.

Leotlela het ná ’n dissiplinêre verhoor gesê sy reken die straf is baie swaar. “Maar dit sal nie keer dat ek die EFF-baret dra nie. Ek sal dit net nie meer saam met my uniform werk toe dra nie.”

Lede van die EFF se provinsiale “bevelseenheid” het Donderdag by die lughawe opgedaag om steun te toon aan hul “suster in die rewolusie”.

Patrick Sindane, EFF-woordvoerder, sê hulle is “teleurgesteld” in wat gebeur het.

Die regte een...
Matig anti-wit

“Waarvoor is mense bang? Waarom teiken hulle dié wat die rooi baret van die EFF dra? Ek sal jou sê – dis omdat hulle weet iets groots is op pad.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.