Minister Davies sien nie wit plakkerskampe raak

Deel op
robdaviesWit Suid-Afrikaners word nie verarm deur die beleid van breë swart ekonomiese bemagtiging (BSEB) nie, sê dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid.

In ’n geskrewe vraag op ’n parlementêre vraag het hy Donderdag gesê: “BSEB se doelwit is nie die verarming van wit mense nie – dis ’n sake-imperatief wat daarop bemik is om maatskappye aan BSEB te laat voldoen ten einde die ekonomie te transformeer.”

Sowel swart as wit maatskappye moet tot die transformasie van die ekonomie bydra, sê hy.

“Bowendien is daar nie een wit mens wat verwarm is weens die bekendstelling en uitwerking van BSEB nie.”

Die vraag is deur Anton Alberts van die Vryheidsfront gestel. Hy het ook gevra of die minister navorsing tot sy beskikking het oor enige “onbedoelde gevolge” wat voortgevloei het uit of steeds voortvloei uit bemagtigingsbeleid.

Davies sê hieroor: “Daar was nog geen navorsing oor die onbedoelde gevolge van BSEB  met betrekking tot die verarming van wit mense nie; die departement sal enige studie vanaf die agbare lid verwelkom.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.