Gauteng in 2050 so digbevolk soos Bangladesj

Deel op

squattersInternasionale navorsers het bevind dat Gauteng teen 2050 byna so dig bevolk as Bangladesj sal wees.

Die suid-Asiatiese land is een van die digsbevolkte lande ter wêreld.

Jonathan Moyer van die Joseph Korbel Skool vir Internasionale Studies het ‘n seminaar in Pretoria gelewer.

Hy sê die regering se infrastruktuur-beplanning sal in ‘n groot mate bepaal hoe die toekoms gaan lyk.

Hy sê daar moet in infrastruktuur belê word, met die oog op behoeftes wat selfs eers 50 jaar later ten volle ‘n werklikheid sal word.

Onbehoorlike beplanning kan moontlik negatiewe implikasies vir verkeer, krag- en watertoevoer, sanitasie, sowel as onderwys en gesondheidsdienste inhou. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.