Umgungundlovu kry nie metro-status nie

Deel op

pmkznDie KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering, Nomusa Dube sê hulle is teleurgesteld in die Munisipale Afbakeningsraad se besluit om nie aan die sewe plaaslike munisipaliteite in die Umgungundlovu distrikmunisipaliteit Metro-status te gee nie.

Die distrikmunisipaliteit sluit Pietermaritzburg in. Dube het met die media gepraat nadat die Afbakeningsraad se finale besluit oor die afbakening van munisipale grense aangekondig is.

Sy sê die samesmelting van kleiner munisipaliteite in die distrik sou groot voordele ingehou het. Volgens Dube sou dit gelei het tot beter dienslewering en nuwe geleenthede vir staatsbefondsing, privaat belegging en ontwikkeling. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.