Pinetownramp: Bestuurder se lisensie vervals

Deel op

pinetown2Die vragmotorbestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy die dood van 24 mense veroorsaak het toe sy voertuig teen vier taxi’s en twee motors gebots het, het ’n vervalste openbare bestuurspermit (PDP), het die Pinetown-landdroshof gehoor.

Ao. Sanjeev Singh het gesê amptenare van Swaziland se departement van vervoer het bevestig dat May se Swazilandse PDP, wat in Suid-Afrika erken word, vervals is.

Singh het gesê hoewel May ’n rybewys het, sou hy eers in Februarie 2014 wettig kon aansoek doen om sy plaaslike PDP.

Singh het gesê Sanele Goodness May het ook ’n vervalste Suid-Afrikaanse verkeersregistersertifikaat, wat hy met sy vervalste Swazi-bestuurspermit bekom het.

Volgens Singh behoort die sertifikaat in May se besit aan Nkosinathi Dladla. “Dit beteken die dokument is vervals.”

Die hof het ook gehoor dat May onwettig in die land is en nie ’n werkpermit het nie.

Singh het getuig in May se formele borgtogaansoek. Die staat staan borgtog teen.

May het op 6 September die vragmotor bestuur wat teen vier volgelaaide taxi’s en twee motors op die hoek van Field’s Hillweg (die M13) en Richmondweg in Pinetown, KwaZulu-Natal, gebots het. Die ongeluk het kort voor 19:00 plaasgevind.

Altesame 22 mense is op die toneel dood en nog ’n persoon het in die hospitaal gesterf. Dit het intussen aan die lig gekom dat nóg ’n slagoffer verlede Sondag gesterf het.

May het Woensdag in die hof gehoor dat hy nou teregstaan op 24 aanklagte van moord.

Sy ondersteuners het die hof volgepak. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.