Bejaardes keelaf gesny, seun veg om lewe in jongste plaasaanval

Deel op
'Kill a Boer'
‘Kill a Boer’

Dawie de Villiers (53) is in die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem na die jongste plaasaanval by Barkly-Oos. Hy het veelvuldige steek- en snywonde aan sy gesig en nek opgedoen, het Volksblad berig.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic het Woensdag gesê De Villiers word tans in trauma-eenheid behandel.

Hy is ernstig beseer in die plaasaanval waarin sy bejaarde ouers vermoor is. Hy is Woensdagoggend deur die lugambulansdiens Aerocare na Bloemfontein gebring.

Die twee weerlose bejaarde oueregpaar Dawid en Ralie Appelgryn, albei in hul tagtigs, is in dié plaasaanval op die plaas Broadlands albei keelaf gesny.

‘n Swart verdagte (22) uit die lokasie Barkly-Oos is in verband met die voorval in hegtenis geneem nadat hy positief met die toneel verbind is.

Die polisie sê die motief vir die moorde is nog onbekend, Volgens die voorlopige ondersoek is niks uit die huis gesteel nie.

Die aanvaller het deur ‘n klein venster van die huis geklim

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.