Diepsloot ‘stil’ ná ontdekking van twee vermoorde kleuters

Deel op

mesmoordDiepsloot ten noorde van Johannesburg was stil oornag nadat inwoners betoog het oor die moord op twee kleuters wie se lyke gister in ‘n toilet ontdek is, het die polisie Woensdag gesê.

“Daar is tot dusver geen insidente sedert laas (Dinsdag-) nag nie,” het die woordvoerder luitenantkolonel Lungelo Dlamini gesê.

Woedende inwoners het Dinsdag op straat betoog en paaie in die lokasie afgesper.

Die twee dogtertjies, 2 en 3 jaar oud, is oor die naweek as vermis aangemeld.

‘n Span speurders is aangestel om die moorde te ondersoek, het Dlamini gesê. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.