Roger Federer dring deur tot halfeindronde van Franse Ope

Deel op

Die Switserse tennisspeler, Roger Federer, het gister tot die halfeindronde van die Franse Ope tennistoernooi deurgedring.

Deel op

Federer, wat eerste gekeur is vir die toernooi, het die Chileen Fernando Gonzalez met 2-6, 6-2, 6-3 en 6-4 geklop.

Federer speel Vrydag teen Gael Monfils van Frankryk. Die ander halfeindstryd sal tussen Rafael Nadal van Spanje en Novak Djokovic van Serwië plaasvind.купить сход развалпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.