ANC beplan Stalinistiese beeldepark in Groenkloof, Pretoria

Deel op
Die Mao Zedong-mausoleum, 'n voorbeeld van sosiaal-realistiese beeldhouwerk
Die Mao Zedong-mausoleum, ‘n voorbeeld van sosiaal-realistiese beeldhouwerk

In wat as ‘n opsetlike vernedering vir die Afrikanergemeenskap van Pretoria bestempel word, beplan die ANC ‘n sosiaal-realistiese, Stalinistiese beeldepark in Groenkloof. ANC- en kommunistiese “helde” sal daar teen ‘n koste van R800 miljoen vereer word.

‘n Voorlegging hieroor is gister deur Dali Tambo, seun van die voormalige ANC-kommunis en terroris, Oliver Tambo, aan die portefeuljekomitee oor kuns en kultuur in Kaapstad gedoen. Die “monument” sal uit 400 lewensgrootte beelde van “vryheidsvegters” bestaan, tesame met tuine en ‘n water-element.

Dali Tambo is tans uitvoerende hoof van die nasionale erfenisprojek-maatskappy. Onder ander het hy gister die volgende gesê:

Dali Tambo
Dali Tambo

“Talle mense van alle rasse het bydraes gelewer in die stryd om vryheid. Daar is ook dié wat nooit ’n vuurwapen opgetel het nie, maar wat, soos Olive Schreiner, met die pen geveg het. Eerw. Trevor Huddleston het destyds met sy Bybel in die hand geveg. Dit is mense, wat waar hulle ook al was, geveg het in ’n tyd toe dit baie moeilik was om hul gemeenskappe teen te staan,” het Tambo gesê.

“Ons wil Suid-Afrikaners met dié projek daaraan herinner dat dit verskillende mense gekos het om die hedendaagse Suid-Afrika te bou. Dit was ’n gesamentlike poging.”

Blykbaar is 24 beelde reeds in brons gegiet en word tans in die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein ten toon gestel. Die doel is om die voorvaders te vereer.

“Dit gaan 400 van ons topvoorvaders wees wat in verskillende eras van ons geskiedenis ’n bydrae gelewer het. Ons vereer oudpres. Nelson Mandela se bydrae gereeld, maar daar was baie Mandelas in ons geskiedenis,” sê Tambo.

“Adam Kok was ’n Mandela van sy tyd. Ons wil hulle (die voorvaders) omring met pragtige tuine waar mense kan piekniek hou en voor hulle trou.”

Onder die standbeelde is een van die Khoi-hoofman Dawid Stuurman, wie se oorskot in Australië nog soek is, en die Griekwa-leier Adam Kok.

Niekie van den Berg, DA-LP, het gepleit dat kultuur nie weer gebruik word om mense te verdeel nie, maar Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het gesê dit is ’n inklusiewe proses.

Volgens Tambo is 24 standbeelde reeds in brons gegiet en word hulle solank in die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein uitgestal.

“Dit gaan 400 van ons topvoorvaders wees wat in verskillende eras van ons geskiedenis ’n bydrae gelewer het. Ons vereer oudpres. Nelson Mandela se bydrae gereeld, maar daar was baie Mandelas in ons geskiedenis.

“Adam Kok was ’n Mandela van sy tyd. Ons wil hulle (die voorvaders) omring met pragtige tuine waar mense kan piekniek hou en voor hulle trou.”

Die Groenkloof-reservaat in Pretoria is een van die laaste oorblywende natuurlike koppies in die Pretoria- voorstedelike gebied. Dit sal nou ontsier word met ‘n tipies kommunistiese en sosiaal-realistiese monument, soortgelyk aan dié wat in Stalinistiese Rusland en Maoïstiese China opgerig is (sien foto hiernaas).

Onder andere sal daar standbeelde van die volgende figure wees:

  • Dali Tambo se ouers, Oliver en Abertina Sisulu
  • Albert Luthuli, ANC-leier
  • Steve Biko, die swartbewussynsaktivis
  • Adam Kok, Griekwa-leier
  • Charlotte Maxeke, die eerste Xhosa-vrou wat ‘n graad kon verwerf
  • Chris Hani, terroristeleier
  • Helen Suzman, die liberale politikus en Boerehater
  • Koning Nyabela van die Ndebele
  • Koning Makhodo Ramabulana
  • Sol Plaatje, skrywer en stigterslid van die South African Native National Congress, voorloper van die ANC

In sy reaksie het dr. Dan Roodt van praag, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, gesê: “Die huidige bestel raak net al hoe meer belaglik. Dis soos Idi Amin wat die kommunisme in ons land afdwing, kompleet met sosiaal-realistiese kitsch wat teen groot koste en met baie korrupsie opgerig word. Soos in Oos-Europa, sal sulke afskuwelikhede eenvoudig net weer afgebreek word eendag wanneer Afrikaners en die res van die land weer tot verhaal gekom het.”

“Tans verteenwoordig dit ‘n opsetlike vernedering vir die Afrikanergemeenskap van Pretoria en ‘n skending van die stad se natuur en argitektuur.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.