Vermeende reeksverkragter Madiba se hofsaak begin

Deel op

SAPDDie hofsaak van ‘n vermeende reeksverkragter en moordenaar begin vandag in die hooggeregshof in Middelburg in Mpumalanga.

Die 29-jarige Peter Madiba staan tereg op 18 aanklagte van verkragting en moord.

Die voorvalle het in 2012 plaasgevind op ‘n aantal plase naby Groblersdal in Limpopo.

‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi sê een van die slagoffers was ‘n twee jaar oue meisie wat verlede jaar vermoor is.

Volgens Mulaudzi gaan van die slagoffers, die polisie en kenners tydens die hofsaak getuig. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.