Swarte wat vier vroue vermoor vas

Deel op

jailʼn 20-jarige swarte is in hegtenis geneem in verband met die moorde op vier vroue in Hazyview, Mpumalanga.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte se oom het hom aan die polisie oorgegee. Hlathi sê dit kom nadat die liggaam van ʼn 16-jarige meisie Saterdag in ʼn straat gevind is. 

Die verdagte het erken dat hy die meisie na haar ouers se huis vergesel het en dat hy haar op pad verkrag en met ʼn baksteen teen haar kop geslaan het. 

Die man het ook erken dat hy verlede maand ʼn 58-jarige vrou in haar huis vermoor het. Die vrou is verkrag, gewurg en met ʼn hamer oor die kop geslaan. 

Hlathi sê die verdagte het ook twee bejaarde vroue, onderskeidelik 75 en 82 jaar oud, in hul huis vermoor.

Die verdagte het Maandag in die Calcutta-landdroshof verskyn en die saak is tot Woensdag uitgestel. Hy bly in aanhouding. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.