Julius Malema se party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê hy is teleurgesteld in sommige van sy lede wat plakkate met rassistiese boodskappe by dié party se amptelike bekendstelling vertoon het, het Sapa berig.
Desnieteenstaande het die leiers van die EFF Awudubhule ibhunu oftewel “Skiet die Boer” tydens die byeenkoms gedreunsing. Dit is dus duidelik dat Sapa nie die gebeure weergee van wat by die party se bekendstelling gebeur het nie, maar as apologeet probeer optree vir die EFF se onbesonne aanhitising.
“Die EFF het verneem dat sommige van sy lede plakkate vertoon het wat hierdie rewolusionêre beweging as ’n rassistiese beweging wil uitbeeld,” het die party se Gautengse woordvoerder, Patrick Sindane, Dinsdag in ’n verklaring gesê.
Sidane se “kommer” oor rassisme klink nie eg nie in die lig van die verbode lied wat Malema en sy volgelinge in weerwil van ‘n hofbeslissing daarteen, gesing het.
Volgens Sindane het sommige van die boodskappe gelui: “Die wittes se wittebrood is verby” en “Om rewolusionêr te wees moet jy deur haat en bloedvergieting geïnspireer word”.
Hy het gesê die baniere is Sondag raakgesien tydens die party se amptelike bekendstelling in Marikana in Noordwes.
“Ons wil dit boekstaaf dat ons onsself van sulke gedrag distansieer, en ook dat ons sedertdien uitgevind het wie vir die plakkate verantwoordelik is.
“Ons stryd is nie om wittes dood te maak nie, maar om te verseker dat almal gelyke geleenthede het om voordeel te trek uit die rykdom van die land,” het Sindane gesê wat ook “Skiet die Boer” gesing het.
Die EFF staan onder meer die onteiening van grond, myne en banke sonder vergoeding voor. – Sapa