Franse hoop om SA te beïndruk met anti-wit houding

Deel op
Hollande
Hollande

Suid-Afrika en Frankryk sal tydens die linkse, Sosialistiese Franse president se besoek aan Suid-Afrika probeer om die stram verhouding tussen dié twee lande te verbeter.

President Jacob Zuma en Francoise Hollande vergader vandag in Pretoria. Die twee lande het verskillende standpunte ingeneem oor Frankryk se optrede in die Ivoorkus en Libië, sowel as oor wie aan hoof van die Afrika-Unie moet staan.

Frankryk het Jean Ping van Gaboen gesteun wat teen Nkosazana Dlamini-Zuma van Suid-Afrika te staan gekom het. Suid-Afrika was egter ten gunste van Frankryk se ingryping in Mali.

Sedert Hollande aan hoof van die Franse regering staan het sy verhouding met Suid-Afrika begin “normaliseer” met anti-wit uitsprake. Dit sal Hollande se eerste besoek aan Suid-Afrika wees.

Tydens sy besoek sal verskeie ooreenkomste op verskeie gebiede onderteken word aangesien Frankryk hoop op ruim kontrakte om sy sukkelende ekonomie te help.

President Zuma het intussen weer die Afrika-Unie se besluit dat dienende staatshoofde nie voor die Internasionale Strafhof moet verskyn nie verdedig.

Afrikaleiers, wat die afgelope naweek in Addis Ababa in Ethiopië vergader het, het ‘n resolusie aanvaar waarvolgens die VN gesteunde hof versoek sal word om Afrikaleiers vrywaring van vervolging te gee solank as wat hulle staatshoofde is.

Die hof sal ook versoek word om die saak teen die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta en sy adjunk, William Ruto te laat vaar. – RSG/praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.