Die Thuli-en-Pansy-opvoering

Deel op
Die Thuli-en-Pansy-opvoering eersdaags in jou dorp!
Die Thuli-en-Pansy-opvoering eersdaags in ‘n teater naby jou!

Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Pansy Tlakula sê die openbare beskermer, Thuli Madonsela het nie die mandaat om wanadministrasie by die OVK te ondersoek nie.

Tlakula sê ook dat Madonsela nie bewerings teen haar na die kieshof kan verwys nie. Die bewerings vorm deel van Tlakula se voorlegging aan die Parlement se ad hoc-komitee.

Die komitee moet Madonsela se verslag oor bewerings van ongerymdhede teen Tlakula hanteer. Tlakula voer aan dat die bewerings teen haar gemaak is toe sy nog die bestuurshoof van die OVK was, en nie ‘n kommisaris nie.

Sy beweer in die voorlegging dat die openbare beskermer net verantwoordelik is daarvoor om wanadministrasie in die regering te ondersoek.

Tlakula sê hoewel die OVK ‘n staatsinstelling is, is die kommissie se aangeleenthede nie die regering se aangeleenthede nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.