Gaan vat die wittes se grond, sê Malema

Deel op
Julius Malema
Julius Malema, Myn Kampf?

Julius Malema, Juju, se EFF-ondersteuners (Economic Freedom Fighters) het in hul getalle opgedaag om die bekendstelling van die party by Marikana-koppie Sondag te vier.

Daar was meer as 5 000 mense wat anti-Zuma liedjies gesing het, baniere van die onderskeie liggings rondgeswaai het soos Johannesburg se Alexandra, Bophelong in die Noord-Wes en Kathlehong aan die Oos-Rand.

Soortgelyke liedjies het luid uit die taxi’s weerklink. Ondersteuners het ook opgedaag in meer as 50 busse.

Die EFF-leier het by die Nkaneng-lokasie in Marikana vir die amptelike bekendstelling ingery met ‘n brullende motorfietskavalkade.

Die skare het beserk geraak en begin gil “Juju, Juju” toe die agt motorfietsenjins se toere opgejaag is. Na die lawaai het Malema sy sitplek langs die United Democratic Movement se leier en goeie vriend van Roelf Meyer, Bantu Holomisa, ingeneem.

Pastoor Ralekgolela het die formele program met ‘n gebed geopen en die skare het weer luidrugtig ge-Juju.

“Vandag is ons hier om die geboorte van ‘n nuwe baba te vier, ‘n baba waarop ons kan trots wees. Dit is ‘n teken dat Suid- Afrika ‘n demokratiese land is.”

Hy het gesê die duisende deelnemers teenwoordig het getoon dat hulle bekommerd is oor die toekoms van die land en sy ekonomie. Die land van Suid-Afrika behoort aan die grondloses, het Malema hulle belowe.

“Dit is jou grond. Jy (die grondlose) hoef nie te betaal vir die grond nie. Dit is reeds betaal deur die sweet van jou vaders,” het hy gesê by die bekendstelling in Marikana.

Hy het gesê dat wit Suid-Afrikaners nog steeds weier om die grond te oorhandig wat hullegesteel” het.

Tot vandag toe is hulle (blankes) nie skaam oor die doodmaak van ons mense nie. Hulle wil dat ons kniel voor hulle.

“Ons is nie van plan om dit te doen nie. Ons is nie van plan om te bedel vir die grond nie. Gee terug die grond.

Juju het gesê as die ryk wittes met die swart armes deel sal daar geen misdaad wees nie.

“As jy deel met die armes sal daar geen behoefte wees om hoë mure te bou om jou huis nie.

Malema het mynwerkers gehelp met die verskaffing van vervoer na die begrafnisse van hulle kollegas wat geskiet is tydens die oproer in Marikana.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.