Padvalke onder brug aangeval, geskiet

Deel op

highwayDrie lede van die Gautengse verkeerspolisie se hoëspoed-eenheid is oor die naweek naby die Randfontein-afrit op die N1-suid aangeval, het Beeld berig.

Hulle was besig om die N1 te patrolleer vir spoedvrate en het na bewering net ná 04:00 onder ’n brug op die hoofweg stilgehou om moontlike oortreders dop te hou.

’n Geraas in die bosse wat die wetstoepassers gerhoor het, was die enigste waarskuwing voor hulle oorval is.

Een van die verkeerslede is geskiet waarna hy uit die voertuig gepluk is en sy vuurwapen gesteel is.

Die aanvallers het hom nog ses keer geskiet. Toe die bestuurder van die voertuig op die rowers begin skiet, het hulle op die vlug geslaan.

Die verkeersbeampte wat geskiet is, is in ’n kritieke, maar stabiele toestand in die Emfuleni Mediclinic se hoësorg-eenheid.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het die voorval bevestig.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.