Amerikaners koop strategiese Afgri

Deel op

afgriVoedselsekerheid in Suid-Afrika kan moontlik ‘n knou kry nadat Amerikaanse beleggers besluit het om Afgri vir R2,4 miljard uit te koop.

Die Amerikaners het glo ’n swart landbou-organisasie uit die transaksie gedruk en ’n nuwe SEB-konsortium uit Limpopo betrek.

AgriGroupe van die VSA gaan Afgri se aandeelhouers R7 per aandeel betaal, ten spyte daarvan dat die aandeelprys op R4,70 gestaan het voordat die transaksie aangekondig is.

’n Staatsagentskap kan egter steeds ’n teenaanbod doen. Indien die Amerikaners slaag, sal die mees strategiese infrastruktuur die land verlaat.

Die name van die partye kan nie bekend gemaak word totdat daar aan sekere vereistes voldoen is nie. Dit sal waarskynlik aanstaande week gebeur.

Afgri se bestuur het benadruk dat hulle daartoe verbind bly om voedselsekerheid in Suid-Afrika en Afrika te verseker en die regering se doelwitte met die bemagtiging van kleinboere steun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.