AU steur hulle nie aan menseregte-waarskuwings nie

Deel op
Tedros Adhanom
Tedros Adhanom steur hom nie aan menseregtegroepe nie

Die Afrika-unie het bewerings verwerp dat sy versoek om ‘n tersydestelling van die verhoor van die Keniaanse president en sy adjunk, ‘n kultuur van menseregte-vergrype sal bevorder.

President Uhuru Kenyatta en William Rutto is in die Strafhof aangekla dat hulle die baasbreine was agter die geweld wat na die verkiesing in 2007 uitgebreek het en waarin meer as duisend mense dood en 600 000 ontwortel is.

Die Ethiopiese Minister van Buitelandse Sake, Tedros Adhanom sê hulle is ongeërg deur die kritiek van menseregtegroepe.

Hy sê geen druk van buite is nodig om hulle aan te moedig om strafloosheid uit te wis nie, aangesien al die Afrika-lande daaraan glo.

Die Afrika-Unie leiers het intussen President Kenyatta aangeraai om nie sy verhoor by te woon nie, indien die Internasionale Strafhof die versoek dat dit laat vaar word, van die hand wys. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.