Oeboentoe, waar is jy nou?

00:00:00 Desmond Tutu het die volgende oor oeboentoe te sê gehad:

“Swartmense het iets genaamd OEBOENTOE. Dit gaan oor die essensie van menswees; dit maak deel uit van Afrika se geskenk aan die wêreld.

Dit omvat gasvryheid, omgee, om die ekstra myl vir ander te kan loop. Ons glo dat ‘n mens ‘n mens deur ‘n ander mens is, dat my menslikheid by joune, onlosmaaklik, betrokke is. As ek jou sou verontmenslik, verontmenslik ek onvermydelik myself. Die enkelingmens is ‘n teenstrydigheid en daarom werk jy vir die gemeenskaplike doel want jou menslikheid word verwesenlik deur te behoort.”

Die word “oeboentoe” kom vanuit die Nguni-tale. Oeboentoe beteken menswees en omvat die deugde van goedgesindheid, mededeelsaamheid, vrygewigheid, gasvryheid, vriendskap en barmhartigheid of simpatie en hierdie eienskappe word dus gebruik om ‘n persoon te beskryf wat “oeboentoe” het.

Biskop Tutu sê voorts dat ‘n persoon met oeboentoe iemand is wat oop en beskikbaar is vir ander, ander  mense erken en wat nie bedreig voel daardeur dat ander goed is nie omdat die persoon met oeboentoe ‘n goeie selfbeeld het wat daaruit spruit dat hy/sy tot ‘n groter geheel behoort en dat hy/sy verklein word wanneer ander verklein,  verneder, gemartel en onderdruk word. Wanneer mense nie respek, goedgesindheid en empatie vir ander het nie en wanneer jy veroordelend is teenoor ander en hulle op ‘n negatiewe manier stereotipeer, diskrimineer of rasisties is gaan jy teen die gees van “oeboentoe”. In die gees van “oeboentoe” sien jy ander mense dus ook as mense in eie reg en nie jouself  as verhewe bo hulle nie, aanvaar jy ander mense, is persone afhanklik van mekaar, waardeer mekaar, verstaan mekaar en haat nie ander wat anders is nie.

Die opskrif van ‘n koerant Image is baie misleidend want dit lyk asof xenofobie deur oeboentoe vervang is. Indien oeboentoe geheers het, het almal hulle wapens neergegooi en mekaar omhels. Dit het nog nie gebeur nie.

Waar is die oeboentoe van die “African” nou? Biskop Tutu moet dit maar begin soek want iewers het iets baie groots verkeerd gegaan. Die regering wat gedink het hulle is die antwoord en die redding teenoor die vroeër, boser regering moet weer gaan dink daaroor aangesien die boodskap wat tans hoorbaar raak, is dat die demokratiese regering nie die pyp gaan rook nie… en ook nie gaan sokker speel nie.

In ‘n vroeëre artikel het ek ‘n afbeelding geplaas wat ek uit ‘n skoolhandboek gehaal het. Ek wil dit graag weer plaas saam met ‘n spotprent uit die Mail & Guardian:

 

Image

Toe die ANC aan bewind kom
Image

SA in 2008

 

 

Dit is wonderlik dat al die mense nou ewe skielik die woord “oeboentoe” ontdek het, ‘n fonds geskep het vir die slagoffers van xenofobie, geldelike bydraes gee en dat selfs UNISA se rektor vra dat die personeel elk R100 van hul salaris afstaan aan die vlugtelinge en slagoffers van xenofobie, maar my vraag aan die barmhartige persone en veral aan die blankes wat geld gee, is: Wat van die slagoffers van plaasmoorde wat  alleen moet staan nadat hulle in die hospitaal opgeneem is met die wete dat hulle geldelik sukkel? In baie gevalle is mense dood en moet vir begrafnisse betaal word. Ook die sielkundige behandeling agterna bring verdere kostes mee. Wat van ‘n “oeboentoefonds” vir hulle waar ons ander blankes wat dit self nie breed het nie kan bydra?

детские шорты для девочек

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.