Afrika-leiers by ‘n beraad in Addis Abeba in Ethiopië het besluit dat geen dienende Afrika-leier voor enige Internasionale Hof kan verskyn nie.
Hulle het ook besluit om die VN Veiligheidsraad te versoek om by die Internasionale Strafhof aan te dring op die uitstel van die verhoor van die Keniaanse president Uhuru Kenyatta en die adjunkpresident William Ruto.
Hulle word aangekla van misdade teen die mensdom, ná die bloedvergieting in die land na die verkiesing in 2007.
Die Ethiopiese eerste minister, Haile-mariam Dessalegn hou vol dat Afrika onbillik geteiken word deur die Internasionale Strafhof.
Vyf van die 18 regters van die hof is afkomstig uit Afrika, terwyl die hof se adjunkpresident uit Botswana kom en die hoofaanklaer uit Gambië. – RSG