Vrou deur ‘veiligheidswag’ verkrag

Deel op

pinetown4‘n Man wat hom as ‘n veiligheidswag voorgedoen het, is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n vrou in Pinetown, KwaZulu-Natal, verkrag het, het die polisie Saterdag gesê.

Die vrou was Donderdag besig om inkopies te doen toe die man haar genader en van diefstal beskuldig het. Hy het die vrou beveel om saam met hom na sy kantoor te gaan.

“Terwyl hulle gestap het, het die vrou agterdogtig begin raak omdat hulle by ‘n bos langs die spoorlyn aangekom het.”

Die man het die vrou na bewering met ‘n mes gedreig, waarna hy haar verkrag het.

Toe hulle terugstap na die middestad, het die vrou om hulp geroep en haar vermeende verkragter het gevlug.

Die man is ‘n paar minute later in hegtenis geneem en hy sal Maandag op aanklag van verkragting in die Pinetown-landdroshof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.