G4S kry die trekpas by Mangaung

Deel op

g4s2Verskeie werknemers, onder andere ‘n senior amptenaar van die departement van korrektiewe dienste, is Donderdagoggend by die Mangaung- Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein aangeval.

RSG berig die situasie by die tronk is steeds gespanne.

Die departement het gister die bestuur van die gevangenis oorgeneem nadat die maatskappy wat aangestel is om die tronk te bestuur, G4S, nie sy kontraktuele verpligtinge nagekom het nie.

Die departement se gewapende eenheid is na die gevangenis ontplooi om die situasie te stabiliseer. ‘n Werknemer van G4S wat anoniem wil bly, sê gevangenes is gewapen met skerp voorwerpe.

Dit is die jongste in ‘n rits voorvalle by die tronk. Verlede week is ‘n vroulike beampte ure lank as gyselaar aangehou. Sy is later ongedeerd vrygelaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.