Joemat-Pettersson: Was dit dief of teef?

Deel op
Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson

Die ANC-hoofsweep, Stone Sizani, het twee parlementslede se opmerkings teenoor Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, veroordeel.

“Ons is in kennis gestel dat die ANC-LP Salamuddi Abram gister [Woensdag] in ‘n hewige debat die minister ‘n leuenaar genoem en homself luidrugtig en ontwrigtend gedra het voordat hy uit die vergadering gestorm het,” het Sizani Donderdag in ‘n verklaring gesê.

“Daar is ook berig dat die DA-LP Pieter van Dalen na die minister as ‘n teef verwys het.”

Joemat-Pettersson het saam met die topbestuur van die departement vrae oor die departementele prestasies aan die parlementêre komitee beantwoord.

Van Dalen het Donderdag die bewering ontken.

“Die ANC probeer die aandag aflei van ‘n minister wat swak presteer het. Tina Joemat-Pettersson het te veel onverantwoordelike besluite geneem wat Suid-Afrika se landbousektor van krisis tot krisis neem.”

Hy het gesê hy sal nie geïntimideer word om Joemat-Pettersson verantwoordbaar te hou nie.

“Ek hou vol dat sy moet gaan.”

Business Day het berig Van Dalen het “dief” gesê.

Sizani het die LP’s se gedrag bestempel as “walglik en oneerbiedig” en het gesê stappe moet gedoen word.

Die ANC sal verseker dat ‘n tugproses onmiddellik teen Abram begin.

Die ANC-hoofsweep het ‘n beroep op die DA gedoen om op te tree teen Van Dalen.

“Dit is by tyd dat die DA ophou om sy LP’s se rassistiese en seksistiese gedrag te verdedig en stappe doen om sy toewyding tot nie-rassigheid en nie-seksisme te bewys.

“Ons sal verseker dat die parlement Van Dalen se uitlating ondersoek en toepaslike stappe doen.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.