Malawi-amptenare gevang met geld onder beddens, in motors

Deel op
Joyce Banda
Joyce Banda

Malawi se president Joyce Banda het haar kabinet afgedank te midde van bewerings van korrupsie in die regering.

Verskeie amptenare is na bewering gevang met die geld weggesteek onder hul beddens en in hul motors, het die BBC se Raphael Tenthani uit Malawi berig.

Verlede maand is ‘n amptenaar van die ministerie van Finansies Paul Mphwiyo, ‘n anti-korrupsie kampvegter, geskiet en gewond.

Banda sê Mphwiyo is geteiken oor sy pogings om korrupsie te stuit. Hy word in Suid-Afrika vir sy wonde behandel.

Westerse skenkers het druk op Banda uitgeoefen om korrupsie en tenderbedrog aan te pak.

Malawi is ‘n arm Afrikastaat, baie afhanklik van finansiële hulp van die Europese Unie (EU ) en ander buitelandse skenkers.

Banda se kantoor het gesê ‘n nuwe kabinet sal aangestel word met verloop van tyd, sonder om uit te brei .

Sy het ‘n krisisvergadering van die Kabinet belê voor haar kantoor aangekondig het dat die regering ontbind is.

Op ‘n nuuskonferensie Woensdag het Banda gesê sy het ‘n spesiale span aangestel, met polisie en regeringsamptenare, om ‘n finansiële oudit te doen van alle regeringsdepartemente.

Ons verslaggewer sê na die skietery op Mphwiyo is die media oorspoel met die berigte van gewetenlose staatsamptenare wat mbv slinkse sakemanne die regering van miljoene dollars stroop deur twyfelagtige kontrakte.

Mphwiyo, die begrotingsdirekteur in die ministerie van Finansies, is geskiet in sy woning in die luukse Area 43, ‘n voorstad van die hoofstad, Lilongwe, op 13 September.

Die skietery was ‘n “aanval wat daarop gemik was om hom en die regering in die stryd teen hoë vlakke van korrupsie en bedrog stil te maak” het Banda se kantoor vroeër verklaar.

Vier verdagtes is in hegtenis geneem oor die skietery.

Sowat 10 junior amptenare is tot dusver in hegtenis geneem vir vermeende korrupsie, het Reuters berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.