Korrupsie bedreig VN-vredesendings

Deel op
Stewart Eldon
Stewart Eldon

Korrupsie bedreig die sukses van die Verenigde Nasies se vredesendings regoor die wêreld, volgens ‘n nuwe verslag.

Die verslag van Transparency International identifiseer gebiede waar korrupsie alledaags geword het, veral met in die veld bedrywighede .

Dit verwoord ook die noodsaaklikheid vir die organisasie en die lidlande vir ‘n ernstige bespreking oor hoe om die probleem aan te spreek.

Die verslag identifiseer 28 tipes van korrupsie wat dreig om vredesendings te kelder, met die klem spesifieke gevalle van omkopery, die onreëlmatige verkryging en verkoop van bates, bedrog, diefstal en selfs seksuele aanranding gepleeg deur VN-personeel.

Die Programdirekteur van Transparency International Mark Pyman sê hulle wil die stryd teen korrupsie deur die Veiligheidsraad van die resolusies aanvoer.

Die voorsitter van die raad van direkteure Haguette Labelle verduidelik dat die risiko van korrupsie hoog is as groot hulpbronne betrokke is sowel as druk om vinnig te lewer.

Die skrywers van die verslag sê die onderwerp kry nie genoeg aandag op die oomblik nie en dat ‘n blinde kol oor korrupsie ‘n ernstige fout is.

Die verslag doen ‘n beroep vir die aanstelling van senior personeel in al missies om verantwoordelikheid vir die integriteit waar nodig te aanvaar, asook  ondersoekbeamptes in groter missie soos die DRK waar kwessies wat ontstaan dadelik hanteer kan word.

Sir Stewart Eldon, voormalige Britse ambassadeur in Noord-Atlantiese Verdrag Organisasie ( NAVO ) en ‘n senior adviseur vir Transparency sê: “Die veranderende karakter van internasionale konflik en die probleme wat deur die internasionale gemeenskap in die gesig gestaar word, toon vir ons dat korrupsie word toenemend ‘n belangrike onderliggende element in baie van hulle, so die onderwerp is die moeite werd om aan aandag te skenk in die konteks van vrede en ander internasionale ingrypings.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.