Siek polisiemag kos begroting R1 miljard

Deel op

sapd3Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nagenoeg R1 miljard van sy jaarlikse begroting op siekverlof en ongeskiktheidstoelae bestee.

NUUT!

Senior polisiebeamptes, insluitend genl. Riah Phiyega, het Woensdag dié onthullings voor die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie gemaak, het Eyewitness News berig.

Parlementslede is bekommerd oor die toename in gevalle van siekteverlof in die kommissie.

Sowat 140 000 uit die 200 000 polisielede het in 2012 gemiddeld tussen sewe en nege dae siekteverlof geneem.

Tesame met die koste van ongeskiktheidsverlof deur diegene wat hul siekte- en jaarlikse verlof opgebruik het, het die polisiediens meer as R800 miljoen bestee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.