Die ANC se prestasies

Deel op

batesDeur Johan Theron.

Batebestuur handel in wese oor finansiële en fisiese bates. Menslike bates word apart gesien en bestuur maar wanneer die prestasie van ‘n organisasie soos bv die ANC bereken word, sal mens na al drie hierdie aspekte moet kyk. Omdat data oor die ANC nie beskikbaar is nie, sal ‘n omstandigheidsgetuienis gebruik word ter oorweging van organisatoriese prestasie.

Menslike bates in die ANC is nie veel werd nie aangesien meer as 60 politieke moorde alreeds (in die ANC) plaasgevind het.  Die gedagte aan lidmaatskapsverval en ooreenstemmende opleiding kan nie beter versinnebeeld word as deur net te verwys na Julius Malema nie en val lynreg in met die voor-1994 ontwikkelling van “self defence units” wat vandag nog misbruik word vir politieke redes. Betreffende die verdubbelling aan studente sedert 1994 kan mens maar net verwys na Agang se standpunt dat die swak opvoedingstelsel in SA veroorsaak is deur die ANC. Daarom, wat menslike hulpbronne betref is die opsomming dat die ANC geen vordering gemaak het sedert 1994 nie, van toepassing op sy eie kaart-draende geledere, asook die land se geledere.

In teenstelling met bg. het die SAIRR bepaal in sy 2011-2012 “The Rainbow Index” dat slegs een van die 10 meetkriteria sedert 1994 verbeter het – naamlik “Liberation of the poor” en dit was slegs moontlik (in my opinie) agv van blanke belastinggeld vir “toelae” ens. Dit is ironies synde BMW se beleggings-weerhouding agv arbeidsonrus – en veral in die lig van Harvard se waarskuwing (lank gelede) dat produktiwiteit ‘n langtermyn Suid Afrikaanse probleem is.

Betreffende finansiële bates het die ANC na 1994 begin sukkel agv die vertraging in internasionale donasies maar het dit fluks verbeter sedert die bekende wapenstransaksie met British Aerospace en die huidige Chancellor House aandele in Hitachi. Die res van SA het egter begin agteruit gaan (in my opinie) as mens kyk na die Rand/USD wisselkoers en die algemene verkope generasie verhouding (sales generation ratio) waar die land se bates ‘n sekere inkomste vereis oor tyd.  Hierdie “fisiese bate verhouding” aspek is nie nuut nie en word as standaardpraktyk ge-ouditeer waarna rapportering van hierdie verhouding wetens/onwetens ge-ignoreer word. Maar met die nuutgevonde kennis van “financial Bonds” het hierdie ouditeringsgaping verander in ‘n verstommende toekomstige geleentheid vir die ANC. Opsommenderwys kan gesê word dat geld in ‘n ontrekkende (extractive manner) beweeg en daarom SA se swak Gini-koeffisient. Geld beweeg dus weg van mense en fisiese bates in plaas van om hulle/dit te onderhou.

Betreffende fisiese bates is hierbo genoem dat die bate verkope generasie verhouding nie tred hou nie maar aangesien die ANC nie regtig bates behalwe Luthuli-huis (in die openbaar) besit nie is dit natuurlik nie hulle fokus nie. In terme van die land is die ANC egter van mening dat die “levers of state power” soos Eskom en Transnet (die land se) bates moet bestuur en ontwikkel (om werk te verskaf). Die goue gans wat tot dusver  so gehoorsaam belasting moes betaal het, word nou verder uitgebuit deur “bonds” uit te neem (soos vir die E-toll stelsel). Die fisiese bate verkope generasie verhouding word dus kunsmatig verbeter op die belofte dat die huidige belastingbetalerskorps nog steeds oor 40 jaar instaat sal wees om die skuldmiljarde te betaal, wetende dat onderhoud nie gaan plaasvind nie – of duur gaan wees.

Die gedagte dat die ANC presteer deur studente te verdubbel, huise te verdubbel en elektriese geriewe te verdubbel is dus belaglik want hulle het dit nie self gedoen nie en gaan dit ook nie self onderhou nie. Die SAIRR bevorder dieselfde wanvoorstelling. Om die waarheid te sê is hierdie wanvoorstelling waarskynlik grootliks bydraend tot die arbeidsonrus in die land en vererger SAIRR eintlik ons situasie – wat nie baie menslik is van hulle nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.