Elf verhooragwagtendes ontsnap in Johannesburg

Deel op
08:49:01 Elf verhoorafafwagtende gevangenes het uit aanhouding ontsnap, het die polisie van Gauteng gister verklaar. Volgens direkteur Govindsamy Mariemuthoo het die gevangenes Sondagaand om kwart voor elf ontsnap.
Deel op

Die verdagtes is aangehou vir 'n verskeidenheid oortredings, waaronder roof en moord.

Een van hulle is egter intussen aangekeer terwyl die ander tien steeds op vrye voet verkeer.

'n Polisieman is insgelyks in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy die gevangenes gehelp het om te ontsnap. 'n Saak van korrupsie word ook ondersoek.

опции для подъемниковАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.