Markte verwelkom Yellen-benoeming as Fed-voorsitter

Deel op
Janet Yellen
Janet Yellen

Die wêreld sal binnekort ‘n nuwe monetêre leier hê. Die Amerikaanse president, Barack Obama sal Janet Yellen eersdaags benoem as volgende voorsitter van die Federale Reserweraad.

Die 67-jarige Yellen wat tans ondervoorsitter is, sal, indien die Senaat die benoeming goedkeur, Ben Bernanke opvolg wanneer sy termyn aan die einde van Januarie verstryk.

Sy sal die eerste vrou wees wat aan die hoof van Amerika se sentrale bank staan. Sy is beter gekwalifiseer as Alan Greenspan wat nie ‘n regte PhD gehad het nie, maar ‘n ere-graad en nooit eers ‘n opstel oor ekonomie gepen nie.

Yellen is glo nie soos Greenspan ‘n suiwer politieke aanstelling nie. Haar man is die Nobelpryswenner George Akerlof wat die teorie van doeltreffende markte teorie gekritiseer het.

Sy was hoof van Bill Clinton se Raad van ekonomiese adviseurs tussen 1997-1999, toe sy die krisis in Asië moes hanteer. 

Die aankondiging word verwag te midde van ‘n gedeeltelike regeringstilstand sedert die begin van die maand nadat die Kongres nie ‘n begroting kon goedkeur nie, weens ‘n dooiepunt tussen die Republikeine en die Demokrate.

Die stilstand kan verder uitkring indien die Kongres nie teen die 17de van die maand maatreëls goedkeur om die skuldplafon te lig nie. 

Die aangewese voorsitter van die Fed gaan deelname aan die arbeidsmark as die belangrikste baken stel. Monetêre beleid sal los bly. Markte is weer gespaar en die Brics sal makliker kan asemhaal. Sy is ook ‘n voorstander van staatsingryping en inflasie.

Die markte het egter haar waarskynlike aanstelling verwelkom met ‘n styging.

Nogtans sê ekonome ons is reeds ver verby die punt dat die geldvoorraadborrel batepryse kan laat bly styg. Sy sal waarskynlik aanhou geld druk om te probeer om werk te skep.


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.