Negentig persent van Soweto betaal nie elektrisiteit nie

Deel op
Malusi Gigaba
Malusi Gigaba

Die minister van Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, het gewaarsku dat dit al moeiliker raak om die fondse te vind om Eskom se beleggingsprogramme te ondersteun weens die strenger kredietsituasie in die VSA, het Business Day Woensdag berig.

Hy het ook gesê wanbetaling is ‘n ernstige dilemma vir Eskom, het die koerant berig

Hy het dit gesê ter voorbereiding van ‘n toespraak by die Konvensie van die Vereniging van Munisipale Elektrisiteitsnutsmaatskappye in Oos-Londen.

Gigaba sê dit sal in die toekoms al moeiliker raak om bedryfskapitaal te vind.

Hy sê veral wanbetalers en agterstallige skuld deur munisipaliteite moet dringend aangespreek word om volgehoue beleggings te verseker.

“Die kwessie van die betaling vir dienste deur die kliënte, sowel as die munisipale elektrisiteit skuld, moet aangespreek word sodat as kapitale beleggings voortgaan, ons nie op die ‘gebruiker-betaal’-beginsel ‘n kompromie aangaan nie.

Gigaba het gesê 90% van huishoudings wat Eskom geld skuld, is van Soweto, en dit sluit munsipale skuld in.

Die gesamentlike skuld van 10 munisipaleite aan Eskom, beloop R2,5 miljard.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.