Oor die afgelope twee maande het agt mense op dié pad gesterf.
As deel van die ritueel het die tradisionele geneeshere voorvadergeeste opgeroep en moetie op die betrokke pad en onder 'n brug gesprinkel.
Die burgemeester van Tzaneen, raadslid Theo Ramatsoma, het die seremonie bygewoon en motoriste gevra om ook veilig te bestuur.
Volgens 'n plaaslike sangoma is die pad egter nou veilig vir sowel motoriste as voetgangers.