Outa verloor tol-appèl

Deel op

etollDie Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa, het sy teleurstelling uitgespreek met die uitspraak in die Bloemfonteinse Appèlhof waar sy laaste poging om die Gautengse e-tolstelsel te keer, van die hand gewys is.

Outa sê hy gaan die uitspraak bestudeer en die organisasie sal môre ‘n mediakonferensie hou.

Die Bondgenootskap het geappèlleer teen ‘n hofuitspraak verlede jaar wat die implementering van die tolstelsel deur die Padagentskap – Sanral – gemagtig het.

Outa het onder andere aangevoer dat daar nie behoorlike openbare raadpleging was nie. Regter Fritz Brand het in sy uitspraak gesê die horlosie kan nie teruggedraai word tot vyf jaar gelede toe die tolstelsel bekend gemaak is nie.

Hy sê in dié tydperk is groot hoofweg-opgraderings gedoen, wat nie ongedaan gemaak kan word nie, en tóe eers is die hersieningsaansoek gebring.

Hy sê die nadeel is dat hoewel Gautengers meestal vir die paaie gaan betaal, dit tot die res van die land se ekonomie sal bydra.

Brand sê die nadeel is dat Sanral R20 miljard hiervoor met geleende geld betaal het, en indien geen tolgeld gehef word nie, die regering uiteindelik daarvoor sal moet opdok.

Brand sê die koste gaan waarskynlik gedelg word deur diegene wat dit vermoedelik die minste kan bekostig, en die impak op hulle sal nie gering wees nie.

Geen kostebevel is gemaak nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.