Flysafair mag nog nie vlieg nie

Deel op

flysafairDie Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag teen die nuwe laekoste-lugdiens FlySafair beslis.

Comair en Skywise voer aan dat FlySafair nie voldoen aan Suid-Afrika se regulasies vir eienaarskap nie, het Eyewitness News berig.

Die hof het ‘n bevel uitgereik dat FlySafair nie kan handel dryf totdat sy lisensie nie hernu is nie.

Die lugdens het reeds kaartjies aan passasiers verkoop, maar het Dinsdagmiddag op Twitter gesê hy sal klante ten volle vergoed indien hulle nie hul vlugte wil uitstel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.