Menseregtekommissie ondersoek SAL-diskriminasie

Deel op

sahrcDie Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gaan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) se kadetprogram ondersoek, het die vakbond Solidariteit Dinsdag gesê.

“Solidariteit het die ondersoek versoek omdat die lugdiens geen wit manlike kandidate by sy kadetprogram aanvaar het nie,” het Dirk Groenewald, hoof van die arbeidshof-afdeling van die vakbond, gesê.

Groenewald het gesê Solidariteit het namens tien wit mans, wat aansoek gedoen het vir die program, gevra dat ‘n ondersoek gedoen word. Dié mans se aansoeke was onsuksesvol omdat hulle wit is.

Hy het gesê die kadetprogram se toelatingsvereistes diskrimineer onregverdig teen wit mans en kom neer op ‘n kwotastelsel.

Groenewald het gesê Solidariteit het gevra dat die lugdiens beveel word om sy diskriminerende praktyke te stop en die program oop te stel vir mense van alle rasse en geslagte.

“Indien daar bevind word dat die tien kandidate as gevolg van hul ras nie aanvaar is nie, moet die SAA die nodige stappe doen om die saak reg te stel en die kandidate by die program insluit.”

Die SAA en die SAMRK was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.