Sharapowa verloor in Franse Ope

Deel op
Die Russiese speelster Maria Sharapowa is deur haar landgenoot Dinara Safina geklop in 'n titaniese stryd van 6-7 7-6 en 6-2.
Deel op

In die mansenkelspel het Roger Federer die plaaslike Franse aanspraakmaker Julien Benneteau met 6-4 7-5 7-5 pawiljoen toe gestuur en sodoende vir die vierde agtereenvolgende jaar tot die kwarteindronde deurgedring.

In die vrouespel, het Safina op 'n stadium toe sy 5-2 in die tweede pot agter was haar raket in die rooi grond ingeslaan. Na dié emosionele uitbarsting het sy egter 'n spelpunt oorleef, ingehaal en die pot ingepalm.

of arabianлобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.