Ontvoerde vrou uit kattebak gered

Deel op

boot‘n Vrou wat Dinsdag tydens ‘n rooftog in Randfontein aan die Wes-Rand ontvoer is, is gered het Johannesburg se metropolisie gesê.

Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is uit ‘n motor se kattebak gered en drie swart mans is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

“Die motor is met behulp van ‘n opsporingstoestel in Brixton gevind en die drie verdagtes is in hegtenis geneem,” het Minnaar gesê.

Hy het bygevoeg dat twee ongelisensieerde vuurwapens, drie selfone en juweliersware ook in die mans se besit gevind is.

“Die vrou het geen beserings opgedoen nie, maar sy was getraumatiseer,” het Minnaar gesê.

Die drie verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.