Leerling vlug nadat hy klasmaat doodsteek

Deel op

mesmoord‘n 16-jarige leerling is doodgesteek tydens ‘n bakleiery met ‘n medeleerling by die Hoërskool Kgothalang in Bekkersdal, Randfontein.

“Die bakleiery het na bewering in die klaskamer begin toe die verdagte ‘n sambreel teen die muur gegooi en die stukke daarvan die slagoffer getref het,” het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.

“‘n Stryery het ontstaan en albei leerlinge het messe uitgepluk en begin baklei.”

Mogale het gesê die slagoffer is verskeie kere gesteek en is Maandagmiddag op die toneel dood verklaar. Die leerling wat hom na bewering gesteek het, het van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet.

‘n Saak van moord word ondersoek. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.