Rugbymoord-hofsaak begin

Deel op
Aangeklaagdes
Die aangeklaagdes

Vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n rugbytoeskouer doodgeslaan het, sal in Maart volgende jaar verhoor word, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

Die vier het Dinsdag vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn.

Natasha Ramkisson, woordvoerder van die NVG, het gesê die verhoor sal van 10 tot 14 Maart in die Durbanse streekhof plaasvind.

Twee broers, Blayne en Kyle Shepard, en Andries van der Merwe en Dustin van Wyk staan almal tereg op ‘n aanklag van moord, drie van aanranding met die opset om ernstig te beseer en een van crimen injuria.

Ramkisson het gesê die aanklagte teen die vyfde beskuldigde, Grant Cramer, is weens ‘n gebrek aan bewyse laat vaar.

Die Brit Brett Williams (29) is in Maart by ’n Superrugby-wedstryd doodgeslaan. Die voormalige Royal Marine was glo betrokke in nog ‘n geveg voordat hy vermoor is in die groepsaanval buite Durban se Kings Park-stadion.

Die vier beskuldigdes is uit op borgtog van R5 000 elk. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.