Malaria-sterftes klop MIV/Vigs

Deel op

malariaKundiges op die gebied van malaria sê die sterftes weens dié siekte is besig om toe te neem en skryf dit toe aan die weerstand wat muskiete teen insekdoders opgebou het. 

Hulle het gepraat by die sesde Pan-Afrika multilaterale inisiatief oor malaria wat in Durban gehou word.

Professor Hillary Ranson van die Liverpool Skool vir Tropiese Medisyne sê muskiete bou regdeur die vasteland weerstand op teen insekdoders. 

Ranson verwag dat die aantal sterftes van 639 000 per jaar tot 644 000 per jaar gaan toeneem. 

Malaria bly ‘n groter gevaar in Afrika as MIV/Vigs. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.