Swanger vrou by Hazyview-gastehuis verkrag

Deel op
Tatenda Gastehuis
Tatenda Gastehuis

‘n Swanger vrou en haar kollega is verkrag en beroof by ‘n gastehuis in Hazyview, Mpumalanga.

NUUT!

Die 32-jarige vrou, wat vyf maande swanger is, en haar 23-jarige kollega van Pretoria, is Sondagoggend omstreeks 03:00 deur twee swart gewapende mans by die Tatenda Gastehuis oorrompel.

“Die twee mans het by die sekuriteitshek ingebreek en by ‘n kamer ingegaan waarna hulle die twee vroue verkrag en selfone, juweliersware en skootrekenaars gesteel het,” het die bestuurder van die gastehuis, Christel Mathee, Maandag gesê.

“Ek het saam na die hospitaal gegaan. Hulle is erg getraumatiseer, ons is almal geskok.”

Die Hazyview-gebied het die afgelope paar jaar deurgeloop onder ‘n vlaag geweldmisdade.

Verlede week het drie gemaskerde mans met ‘n haelgeweer en twee pistole 108 skoliere en tien onderwysers van Laerskool Hennopspark in Centurion, Pretoria aangeval.

Die kinders, wat lede van die skoolkoor was, het by die Aan de Vliet Gastehuis oorgebly.

Kol. Leonard Hlathi het gesê niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.