‘Wêreld moet regmaak vir ergste met Amerikaanse dooiepunt’

Deel op
Pravin Gordhan
Pravin Gordhan

Die minister van finansies, Pravin Gordhan sê die wêreldgemeenskap moet hulself vir die ergste voorberei weens Amerika se skuldkrisis.

Hy het gewaarsku dat ekonomiese teenmaatreëls getref moet word om dit die hoof te bied.

Gordhan het in ‘n onderhoud met Reuters gesê dat die finansiële markte gespanne raak oor die dooiepunt wat met die Amerikaanse begroting ontstaan het. Die dooiepunt moet teen 17 Oktober bygelê word.

Gordhan Suid-Afrikaanse owerhede het nie die hulpbronne om die rand, wat reeds 16% sedert die begin verswak het, te beïnvloed nie.

Dit is die meeste uit 16 groot geldeenhede wat deur Bloomberg dopgehou word.

Die rand se gly teen die dollar vanjaar het uitvoerders gehelp, het hy gesê. Die uitvoere het in Augustus met 7% gedaal.

Gordhan het vroeër gesê dat die ekonomiese groei in Suid-Afrika nie sy teiken van 2,7% vanjaar gaan haal nie, hoewel dit nie onder twee persent sal val nie.

Die Duitse motorvervaardiger BMW sê die arbeidsituasie in Suid-Afrika bly onbestendig en dat hy geen planne het om sy besluit om halt te roep aan uitbreidings in die land, te laat vaar nie.

Die motorbedryf dra 6% by tot die bruto binnelandse produk. Die reserwebank het reeds sy kommer uitgespreek oor die skade wat die staking aan die ekonomie berokken het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.