‘Mal, onverdraagsame gedrag van Afrikanermans kommerwekkend’

Deel op

mantisDie rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof Jonathan Jansen, sê hy is bekommerd oor kinders wat uit huise kom waar Afrikaanse mans hulle skuldig maak aan wat hy noem mal en onverdraagsame gedrag.

Jansen het gereageer op die herrie wat losgebars het na mediaberigte oor sy standpunte oor Afrikaanse skole en Afrikaanse onderrig.

Jansen sê mense lees net wat hulle wil. Volgens hom wou hy onder meer die boodskap oordra dat die dae verby is van eksklusief Afrikaanse skole waar kinders nie met ander kulture in aanraking kom nie.

Jansen sê hy gee nie om as mense met hom verskil hieroor nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.