Saak uitgestel vir onderwyser wat naakfoto stuur

Deel op

hydepark‘n Onderwyser wat geskors is nadat hy na bewering ‘n naakfoto van homself aan ‘n 16-jarige leerling gestuur het, sal weer  in November in die hof verskyn, het die polisie in Gauteng gesê.

“Hy sal weer op 6 November 2013 in die hof verskyn,” het ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, gesê.

Die onderwyser van die Hoërskool Hyde Park in Johannesburg is en in Augustus in hegtenis geneem en sal in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Eyewitness News het vroeër berig die onderwyser het glo laat die aand op 30 Julie ‘n gesprek op die boodskapdiens WhatsApp met die leerling se ma gehad nadat sy hom onder die indruk gebring het dat hy met die seun self gesels.

Die onderwyser het na bewering seksuele foto’s na die seun se selfoon gestuur, asook seksuele voorstelle gemaak.

Volgens die ma het dit die skool langer as ‘n week geneem om die onderwyser te skors en sy het toe ‘n strafregtelike klag teen hom ingedien. Die skool het glo langer as ‘n week geneem om die onderwyser te skors.

Die seun en ma se name word weerhou om sy identiteit te beskerm. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.