Senior bankbeampte sit agt jaar vir bedrog

Deel op

standard‘n Senior beampte van Standard Bank is Maandag in die Bellville-handelshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Die 52-jarige Fowzia Davids is skuldig bevind op aanklagte van bedrog wat R1, 163 000 beloop en geldwassery.

Davids het ‘n goeie salaries verdien as privaat bankier by Standard Bank en moes die bank se spesiale kliënte op hoogte hou van gespesialiseerde produkte.

Landdros Sabrina Sonnenberg het gesê Davids het haar tot dobbelary gewend om te vlug van die druk van familielede wat haar om raad genader het weens haar pos by die bank. Haar dobbelgewoontes het tot verslawing gelei.

Sonnenberg het gesê as ‘n Moslem het Davids geweet dat die Islam-geloof dobbelary verbied. Om dié rede het sy nie Moslem-drag gedra tydens haar gereelde besoeke aan die GrandWest Casino in Kaapstad nie.

Die landdros het gesê Davids het ‘n kliënt geteiken wat dikwels oorsee was en nie gereeld sy bankrekening nagegaan het nie. Terwyl die kliënt oorsee was, het sy geld uit sy rekening na haar man se bankrekening oorgeplaas en toe na haar eie.

Sonnenberg het saamgestem met die staatsaanklaer, Zama Matayi, dat die bedrogspul goed beplan en tussen Junie 2008 en Mei 2009 goed uitgevoer is.

Sy het gesê die kliënt het ongerymdhede by die bank aangemeld. Davids is weens die senioriteit van haar pos toegelaat om alleen te werk en dit het dit maklik gemaak om die verduistering weg te steek.

Die bank moes die kliënt terugbetaal en sy reputasie het ook skade gely. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.