Die hoofsekretaris van die SAKP, Blade Nzimande het ‘n beroep op die finansiële sektor gedoen om weg te beweeg van die finansiering van verbruik en te fokus op beleggingsfinansiering om sodoende ‘n produktiewe ekonomiese te ondersteun. Hy het op die bekendstelling van die party se Rooi Oktober-veldtog in Welkom in die Vrystaat gesê infrastruktuurprojekte van die regering moet ondersteun word om werkskepping aan te help. Nzimande sê wetgewing vir herbelegging in die gemeenskap is nodig sodat die finansiële sektor ‘n gedeelte van sy fondse in laekoste behuising en voorkeur-regeringsprojekte kan belê.
Nzimande het ook die regering se planne verwelkom om ‘n kantoor te vestig wat die waarde van grond sal bepaal. Hy het sê grondhervorming sal slegs suksesvol wees indien grond produktief bly. Hy het ook gesê suksesvolle grondeisers moet bygestaan word met befondsing en vaardigheidsontwikkeling. – RSG