Sirkus rondom Hlope takel regstelsel af

Deel op

Die huidige sirkus rondom John Hlope, die regterpresident van die Kaapse Hooggeregshof, is maar die jongste in 'n hele reeks sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom het. Hlope was al herhaaldelik in die nuus omdat hy blanke advokate van rassisme beskuldig het.

Deel op

Hy het hom ook al teen die gebruik van Afrikaans as hoftaal uitgespreek. Hlope is 'n nar wat nie bekwaam is om 'n regter – laat staan nog 'n hoofregter – te wees nie.

Blykbaar het Hlope onlangs gepoog om die Grondwethof te beïnvloed om 'n gunstige uitspraak in een van die Zuma-sake te lewer. Die feit dat die Grondwethof Hlope se poging verwerp het, sê minder oor die onpartydigheid van dié instelling as wat dit aandui dat daardie hof waarskynlik tot die Mbeki-kamp behoort.

Die Grondwethof self is gelaai met oorwegend linkse, anti-Afrikaanse regters wat blote marionette van die ANC-bewind is. Noudat daar 'n faksiegeveg binne die ANC heers, baklei die regters ook onder mekaar.

Die Suid-Afrikaanse regbank het 'n trotse geskiedenis van onafhanklikheid wat deur sowel die ou Boererepublieke as die Britse koloniale administrasies in Natal en die Kaapprovinsie gevestig is. Die manier waarop die regbank sedert 1994 die speelbal van politici geword het, verteenwoordig 'n aspek van Suid-Afrika se toenemende verval in misdaad en wanorde.

 

free pokerЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.